Ek is so ongelooflik dankbaar dat ek vir Himne 100% kan vertrou met my baba seuntjie. As ‘n Mamma voel mens gewoonlik SO bang om jou kind iewers te los, maar nie met Himne nie! Sy doen soveel moeite om seker te maak my seuntjie is veilig, gelukkig en geliefd. Sy maak vir hom spesiale kossies, nebulize hom as hy siek is, volg elke instruksie wat ek gee en kom ook met idees en voorstelle op van haar eie. Sy gaan absoluut die ekstra myl. My seuntjie kon nie vir ‘n beter juffrou gevra het nie!
Vertroue van ons ouers
Niemand vertel ons storie beter as die gesinne wat ons elke dag vertrou nie. Hier is hul woorde.
I cannot begin to imagine a better second home for my little one! My son flourished in the care of Greenhill and I will always be grateful for the time we spent there.
As a Grandma, save and excellent stimulation! Always fun 😁 😂
Thé best in the East!
Beste kleuterskooltjie. Hulle doen soveel moeite met jou kind, in terme van aandag, kos, opvoeding en belangrikste liefde. Himne dra die kindertjies op haar hande en kan hul nie genoeg aanbeveel nie
Ons is ongelooflik dankbaar vir Greenhill Boetiek Kleuterskool. Die liefde, geduld en aandag wat die personeel aan elke kind gee, maak regtig ’n verskil. Hulle skep ’n veilige, gelukkige en stimulerende omgewing waar kinders kan groei, leer en selfvertroue ontwikkel.
Die kommunikasie met ouers is uitstekend en mens kan sien dat elke kind spesiaal behandel word. Ons dogtertjie het elke dag met opgewondenheid skool toe en huis toe gekom met nuwe stories en kennis.
Baie dankie aan Greenhill vir julle passie, omgee harte en harde werk. Ons kan die skool met groot vertroue aanbeveel!
My dogter was vanaf 3 maande oud tot amper 4 jaar oud by Greenhill. Die kwaliteit aandag, sensoriese aktiwiteite en goeie kommunikasie met ons as ouers het uitgestaan. Elke mooi foto of video van mylpale was so lekker om gereeld te ontvang. Die skool was die beste besluit wat ek kon maak as ‘n 1ste keer ma. Ek is self in onderwys en wou met ‘n rustige hart my kind in ‘n skool sit waar al die belangrike vaardighede gedek word. Jy kan nie verkeerd gaan met die top skool nie.
Vrede vir ń mama se hart!!!
Om te weet Himne en haar span by Greenhill kyk met liefde en omgee na jou kind, Himne het my dogtertjie beter as ek verstaan toe haar spraak bietjie langer vat, en so mooi gekommunikeer met haar en my as ouer. Dit was die beste besluit vir haar ontwikkeling wat ons kon maak!
My kleinkind is in Greenhill Boetiek Kleuterskool en wanneer ek kyk na sy vordering is ek so dankbaar dat hy daar is. Die sensoriese stimulasie wat daagliks toegepas word is uitnemend en die deernis waarmee hulle dit doen maak n ouma hart super gelukkig! Al die ekstra speelgoed op terrein vir hul balans en ontwikkeling en die simbooltjie aantrek dag is so oulik!!
Wat ouers self vir ons geskryf het
Words can’t describe how thankful we are for Himne and the amazing care she takes of our baby (5months old). Everything from the daily updates to the sensory activites and the work put in to help them reach their milestones, plus even more! Her and her team go above and beyond
Daar is nie woorde om te beskryf wat Himne en haar span vir jou en jou kleinding kan beteken nje.
Die skooltjie is gegrond in liefde. Dit stroom by elke kind uit wat by hulle is.
Himne en haar span maak leë koppies vol en vol koppies oorloop!
Bestel kleuterskool in pretoria!
My seun, Zion, is by hierdie skool en ek moet sê hy leer ongelooflik baie. Die vaardighede wat hy hier aanleer is regtig van die hoogste gehalte…
Die mees wonderlikste skooltjie! Waar liefde blom, lag van natuur is en veiligheid soos ‘n mamma vir haar eie kinderjies. Dis die lekkerste gevoel om te weet ek los my kindjie in goeie hande waar dit regtig sy 2e huis is, hy voel tuis en op sy gemak! Daar word aan en uitgetrek soos die weer verander, ek weet as dit reën is hy lekker warm in die klassie, geen haas om hom vinniger by die huis te kry nie. Sy magie is vol met die lekkerste kos, hy eksperimenteer met allerhande sensoriese dinge wat veilig is om mond toe te gaan ook, mylpale word op gefokus en behaal. Die mamma hart, kan met ‘n geruste hart aangaan met werk deur die dag.
Is jou kind ‘n deel van Greenhill?
Ons sal dit waardeer as jy ‘n resensie op Google los; dit help ander gesinne om ons te vind.
Los ‘n Google-resensie