Vrae van Ouers
Antwoorde op die vrae wat ouers die meeste vra. Kry jy nie jou antwoord nie? Skakel ons gerus.
Watter ouderdomme neem julle in?
Ons verwelkom kinders van 3 maande tot 5 jaar, verdeel in drie groepe: Babas (3–18 maande), Peuters (18 maande – 3 jaar) en Kleuters (3–5 jaar). Lees meer op ons programbladsy.
Wat is julle ure?
Ons is oop Maandag tot Vrydag, 06:40 tot 17:30. Babas volg hul eie voed- en slaapritme binne hierdie ure.
Hoe groot is die klasse?
Greenhill is doelbewus ‘n klein, boetiek-kleuterskool: daar is tussen 20 en 25 kinders in totaal, afhangende van hoeveel kinders in elke klas is. Dit beteken ‘n lae kind-onderwyser verhouding, meer individuele aandag en ‘n hegte, veilige gemeenskap.
Hoe veilig is die perseel?
Baie veilig. Ons het biometriese toegangsbeheer, kamerabewaking, ‘n geslote perseel en slim babamonitering vir ons kleinstes. Lees meer oor ons veiligheidsmaatreëls.
Word maaltye voorsien?
Ja. Gesonde, gebalanseerde maaltye en versnaperinge word daagliks voorberei, insluitend ontbyt, ‘n warm middagete en peuselhappies. Spesiale dieetbehoeftes kan met ons bespreek word.
Is julle ‘n Afrikaanse skool?
Ja, Greenhill is ‘n Afrikaanse Christelike kleuterskool. Ons program word in Afrikaans aangebied, met klem op taalontwikkeling deur stories, sang en spel.
Wat kos dit?
Ons fooi is R5 500 per kind per maand, dieselfde vir alle ouderdomme, en sluit ontbyt en ‘n vars middagete in. Sien ons fooie-bladsy vir die volledige uiteensetting.
Hoe skryf ek my kind in?
Begin met ‘n navraag of skakel Himne by 078 356 2003. Ons reël ‘n besoek, jy voltooi die aansoek, en ons verwelkom jou kind met ‘n sagte oorgang. Sien die volledige inskrywingsproses.
Wat as daar nie ‘n plek oop is nie?
Omdat plekke beperk is, hou ons ‘n waglys. Laat jou besonderhede en ons kontak jou sodra ‘n plek in jou kind se ouderdomsgroep beskikbaar word.
Waar is julle geleë?
Ons is in Lynnwood Ridge, Pretoria. Sien die kaart op ons kontakbladsy.
Ons gesels graag met jou
Skakel Himne by 078 356 2003 of stuur ‘n navraag; ons help jou graag.
Kontak ons